
Isa 48:10 Behold, I have refined you, but not with silver; I have chosen (to try/beproef)
you in the furnace of affliction. Kyk, maak oop jou oë, Ek het jou gelouter, maar nie
soos silwer nie; Ek het jou beproef in die oond van verdrukking.
Isa 48:11 For my sake, for My sake I will do it; for why should My name be polluted
(oneer aandoen)? And I will not give My glory to another. Om My ontwil, om My ontwil
SAL Ek dit doen, en waarom moet My Naam oneer aangedoen word? Ek sal My eer
aan geen ander gee nie!!
Isa 48:12 Listen to me, O Jacob and Israel, My called; I am He; I am the first, I also am
the last. Luister na My, O Jakob en Israel, My geroepene; Ek is Hy; Ek is die eerste,
ook is Ek die laaste.
Isa 48:13 My hand also has laid the foundation of the earth, and My right hand has
stretched out the heavens. I called; they stood up together. Ook het My hand die aarde
gegrond en My regterhand die hemele uitgesprei. Ek het geroep; hulle het tesame
opgestaan.
Isa 48:14 Let all of you gather and hear; who among them has declared these things?
The Lord has loved him: He will do His pleasure on Babylon, and His arm shall be
against the Chaldeans. Laat julle almal bymekaar kom en luister! Wie onder hulle het
het hierdie dinge verkondig? Die Here het hom lief (dis jy). Hy sal doen soos Hy
plesier aan Babel en Sy arm sal teen die Chaldeers wees.
Isa 48:15 I, I, have spoken; also, I have called him; I have brought him and he shall
prosper in his ways. Ek, Ek het gespreek; ook het ek hom geroep; Ek het hom tot hier
gebring en hy sal voorspoedig wees in sy weë.
Isa 48:16 Come near to Me, hear this; I have not spoken in secret from the beginning.
From the time that it was, I was there; and now the Lord God and His Spirit, has sent
Me. Kom nader aan My en hoor hierdie; Ek het van die begin af nie in die geheim
gespreek nie. Van die tyd dat dit bestaan het, was Ek daar; en nou het die Here en Sy
Gees My gestuur.
Isa 48:17 So says the Lord, your Redeemer, the Holy One of Israel, I am the Lord your
God who teaches you to profit, who leads you by the way that you should go. So
spreek die Here, jou Verlosser, die Heilige Een van Israel: Ek is die Here jou God was
jou lei waarheen jy moet gaan.
Isa 48:20 Go out of Babylon; flee (hurry away) from the Chaldeans. With a voice of
singing, DECLARE, proclaim this, UTTER it to the end of the earth: SAY, "The Lord
God HAS redeemed His servant Jacob!" Gaan uit Babel uit en jaag weg van die
Chaldeers. Met 'n singende, jubelende stem, VERKONDIG en kondig hierdie opelik
aan, BLAKER dit uit tot by die einde van die aarde: SPREEK UIT: "Die Here God HET
Sy kneg Jakob VERLOS!"
Isa 48:21 And they did not thirst when He led them through the deserts; He caused the
waters to flow out of the rock for them; He cut open the rock also, and the waters
gushed out. En hulle het nie dors gehad toe Hy hulle deur die woestyn gelei het nie;
Hy het water uit die rots vir hulle laat vloei; ook het Hy die rots oopgekloof sodat die
water uitgestroom het.
Dink aan jou huidige omstandighede of situasie. Maak jou hart oop sodat die Heilige
Gees jou situasie aan jou kan openbaar wat nodig is vir hierdie woord. Beleef jy tans
swakheid, nie oorwinning op 'n bepaalde gebied nie, gaan jy dalk deur verdrukking,
aanvalle of droefheid.
Voor ek begin onthou: Nie elke tawwe situasie wat jou padlangs kom is van die duiwel
af nie. Soms was dit ons eie skuld, dalk deur verkeerde besluite. Geen slegte ding
wat jou padlangs kom is ooit van God af nie. Maar in sulke situasies toets God dan
ons geloof. Nie om te kyk hoe goed ons is of tot waar ons gedruk kan word nie, nee!
nooit nie, maar Hy wil hê dat ons deur geloof daardeur kan kom, want geloof dra ons
deur sulke tye. God gebruik dan hierdie situasies wat nie van Hom af was nie om ons
geloof te versterk in Hom. Wanneer die duiwel dink hy is besig om jou te begrawe, is
God eintlik besig om jou te plant. God gee soms wel die duiwel toestemming om ons
te versoek, maar self versoek God niemand nie (Jak1:13) - Hy beproef wel ons geloof
en wil ons leer uit foute wat ons gemaak het, Hy versterk ons daar i . Maar ook laat Hy
nie die duiwel toe om ons bo ons kragte te versoek nie. Die duiwel kan ook net aan
ons doen wat ons hom toelaat, daarom: daar waar ons nie in oorwinning kom nie, daar
waar ons ondergekry word is: A.G.V ons eie doen en late. Dis omdat ons ingegee
het omdat ons dalk nie net nog 'n week langer wou vastaan in geloof nie - al kos dit 10
weke - HOU VAS! Maar soms raak ons te gou moeg en moedeloos!!
Dan kom die omstandighede en ons sê: maar ek het geloof!! Jy dink selfs: EK KAN
DIT OORWIN HERE! Dink jy nie God gaan dan daardie geloofsbelydenis van jou toets
nie, kyk of jy bedoel wat jy sê. God laat soms dinge toe sodat jou geloof gebou kan
word. Hoe kan ons geloof hê as alles net goed en wel is. Nou voel jy sterk en in
beheer weens hierdie geloofsbelydenis wat jy gemaak het: MAAR DAN slaan die popo
die fan; en wat doen ons: “Ag Here, kyk net hier, ek het gesê ek glo, hoekom tref dinge
my STEEDS, ek kan nie oorwin nie”, en so gou raak ons moedeloos en gee in vir
swakhede en situasies en verloor ons geloof!
GELOOF BETEKEN NIE DAT ALLES GAAN WEGBLY NIE, GELOOF IS OOK DAT AS
DINGE KOM JY KAN BLY VASSTAAN. IN GELOOF DUIK OMSTANDIGHEDE OP EN
BEPROEF GOD ONS GELOOF DAARIN, ALLES WORD NIE WEGGEHOU NIE,
ANDERS WAS GELOOF NOOIT NODIG NIE. EN WARE GELOOF GAAN WYS OF JY
IN ALLES KAN VASSTAAN EN UITHOU!!!
HOE GOU HARDLOOP JY WEG AS DINGE NIE JOU MANIER UITWERK NIE? HOE
STANDVASTIG IS JY?
Dink aan jou huidige situasie, probleem of wat die Heilige Gees op hierdie oomblik
aan jou openbaar.
Jes 48:10 - Dis tyd om jou oë oop te maak en te sien dis God wat jou geloof toets. En
nie bo jou kragte soos jy dink en verklaar nie. God beproef daardie geloof wat dalk
versterking nodig het!!!
:11 - God toets jou vir Sy onthalwe, sodat jy vir almal kan wys met jou God oorwin jy
sodat Sy Naam eer kan ontvang. Maar ons kla eerder, blameer God en gee in. En
God vra juis daarom: waarom doen ons Sy Naam oneer aan? Want ons maak God tot
leuenaar deur die teenoorgestelde te bewys en te verklaar as wat God sê Hy sal doen:
nie omdat Hy nie kan of nie wil nie, maar omdat ons ingee, vrees en twyfel. "Why do
we dishonour the Name of our God by unworthy doubts and fears".
:12,13 - Luister na God, die God wat jou geroep het. Jy is 'n geroepene. God sê dit is
Hy wat praat, Hy
wat van die begin af was, die eerste en die laaste, die enigste. Begin Sy grootheid
erken, dieselfde grootheid wat in jou en deel van jou is. Daardie groot hand wat hemel
en aarde geskape het; die hemel en aarde wat as God hulle roep hulle Hom
gehoorsaam is, so moet ons ook wees!
:14 - God het jou lief, hoor dit!!! Daarom sal Hy met Babel en die Chaldeers afreken en
dit sal vir Hom 'n plesier wees. Wie's Babel, wie's die Chaldeers. Babel was die land
van die Chaldeers genoem. God se volk was deur die Chaldeers in Babel gevangene
geneem en was daar in ballingskap. God sal afreken met dit waar en deur wat jy
gevangene gehou word. Jou omstandighede, jou situasie, jou ongeloof, jou vrees, jou
droefheid, jou verlede, jou sonde!!
:15 - God spreek dit oor jou uit, en wat gebeur as Hy spreek. Dit gebeur!!! Vat dit in
geloof!!! GELOOF AKTIVEER SY BELOFTES!!! Geloof wat getoets moet word. Vir
versterking! Dit help nie ons glo maar leef dit nie uit wat ons glo nie. God het jou tot
hier gebring, hoekom sal Hy jou nie verder lei nie. Jy sal voorspoedig wees op al jou
weë. Hoor die Woord van die Here, Hy het jou tot vryheid in alles geroep!!!
:16,17 - Kom nader aan God om te hoor. Van die begin af praat Hy nie in die geheim
nie, Hy spreek openlik tot jou: kom net nader om te hoor. Van die begin af was Hy al
daar vir jou. Jesus Christus is vir jou gestuur om in vryheid en oorwinning te lewe deur
Sy Gees wat Hy agtergelaat het deur wie se krag ons kan lewe en wie in jou oor sê
waarheen jy moet gaan en wat jy moet doen.
: 20 - En dit moet jy doen: Staan op en kom om uit Babel uit, kom uit dit wat jy
toegelaat het om jou gevange te neem, om jou te oorwin, om die oorhand oor jou te kry,
om beheer te neem oor jou en jaag weg van die Chaldeers, van jou vyand. Kom uit jou
groef wat jy jouself in bedink het en spoediglik ook! God maak jou nou vry!!!
Onthou net: Ten spyte van wat jy sien of voel of wat na jou kant toe kom: JY IS VRY,
VRY OM IN DIE GEES TE WANDEL EN OORWINNING UIT TE LEEF - JOU
SITUASIE, DIT WAT JY VOEL JOU OMSTANDIGHEDE BEPAAL NIE OF JY IN
OORWINNING IS OF VRY IS OF NIE - GOD SE WOORD IS DIE WAARHEID EN SY
WOORD Sê JY IS!!!
Hab 3:17 Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal
wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel
oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees
nie—
Hab 3:18 nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.
Hab 3:19 Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en
Hy laat my tree op my hoogtes.
Ten spyte van hoe jou omstandighede lyk of hoe jy voel, is jy steeds in oorwinning as jy
net vasstaan deur geloof. En om dit te bewys wil God hê jy moet Sy Naam in eer
behou deur voor Homte kom met jubelende aanbidding en lofprysing - t.s.v jou
situasie of GEVOEL en jou oorwinning deur Hom te vat!!
:20 - Met 'n singende, jubelende stem, VERKONDIG en kondig hierdie opelik aan,
BLAKER dit uit tot by die einde van die aarde: SPREEK UIT: "Die Here God HET Sy
kneg Jakob VERLOS!"
God gee jou vandag 'n geloofstoets, om in die midde van jou probleem of situasie,
t.s.v wat JY voel met jou TONG EN LIPPE EN 'N JUBELENDE STEM EN GESANG
JOU OORWINNING en VERLOSSING IN GELOOF UIT TE SPREEK elke keer as 'n
negatiwiteit, versoekings of slegte dinge jou padlangs kom. VAT God se hulp en raad.
God het JOU sy kneg verlos!!!
As die geloofstoets in hierdie dae vorentoe kom, sal jy t.s.v jou gevoelens of probleem
wat jou in die gesig staar in geloof vastaan en God dank daarin vir jou oorwinning?
Jes48:21 - En hulle het nie dors gehad toe Hy hulle deur die woestyn gelei het nie; Hy
het water uit die rots vir hulle laat vloei; ook het Hy die rots oopgekloof sodat die water
uitgestroom het.
Gaan jy deur 'n woestyn, God lei jou daardeur. As jy na Hom draai vir hulp en krag en
nie te gou moedeloos word, of ingee of op jou eie krag steun nie – sal jy oorwin en
ontvang. Die Heilige Gees gee krag wanneer ons in omstandighede op God wag en in
die geloof vashou. Die Gees is die lewende water/die krag in ons woestyn! Jesus
Christus is die rots waaruit die water vloei. En God kloof die rots oop sodat die Gees
soos STROME LEWENDE WATER uit jou binneste sal vloei in 'n woestyn.
Oorvloediglik/soos strome word die Gees se krag in jou swakheid volbring. Klink
ontmoontlik vir so baie water in die middel van 'n woestyn. Jou situasie lyk half
ontmoontlik. Maar ons dien 'n God van die ontmoontlike. Ons brong van krag, van
voorsiening, verlossing, blydskap, vrede ens. God laat juis te dat sulke situasies op
jou pad kom, sodat jy kan besef dat in die ontmoontlike is alles vir God moontlik.
Joh 7:38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy
binneste vloei.
Kry jou geloof reg, glo sodat God se krag deur die Gees deur jou kan begin
manifesteer.
Ek sluit af: God toets jou geloof wanneer tawwe tye en situasies jou padlangs kom,
soms deur die vyand, maar soms deur jou eie toedoen. Ons geloof word so gebou en
versterk. Maar niks word jou padlangs gestuur wat jy nie kan hanteer nie, t.s.v. dat jy
dink alles is te oorweldigend. Hierdie situasies is nie altyd weens ongeloof nie, nie as
teken dat jy nie meer in oorwinning is nie, nie as straf nie: MAAR God wil toets of jy
daarin kan vasstaan deur geloof wat jy sê jy in Hom het. Hy wil jou iets leer daaruit en
jou sterk maak. Geloof beteken nie dat verdrukkings gaan wegbly nie, dit beteken juis
dit kom jou nou padlangs sodat jy jou geloof kan beoefen en versterk. Eer God deur
Hom daarin te prys en te loof en te dank met jou lippe en jou stem, want dit is die
grootste teken van geloof wat jy het. Moet nie in trots jou mond sluit nie. Verneder
jouself sodat God jou kan verhoog. Terwyl jy op God wag en na Sy stem luister en
reageer in geloof, sal Sy Gees jou vul en tot oorlopens toe vol met krag. Vertrou op
God, Hy is betroubaar!!
Laaste: Yonggi Cho het gesê: As ons vrees om te betaal vir die koste om te leer uit
mislukkings, foute en omstandighede; kan ons dan nooit sukses of oorwinning behaal
nie. Al is hierdie mislukkings, foute en omstandighede 'n bitter proses en ervaring, is
dit 'n leerproses wat lei na oorwinning. Kyk na die bloudruk van jou oorwinning in jou
verbeelding wat jy nog nie reeds visies kan sien nie. Bedink hierdie oorwinning en gryp
daarna asof dit reeds is.
DIT IS GELOOF!!!
Vertrou op God, moenie ingee nie, staan vas en wag in geloof!!!
Jy's meer as oorwinnaar.
____________________________________________________________________________________________________
Home Fun stuff English Sermons Afrikaans Sermons Bible verses/references General Thoughts to think about Testimonials Contact me Guestbook
Joh 12:35 En Jesus sê vir hulle: Nog ‘n klein tydjie is die lig by julle. Wandel so lank as
julle die lig het, sodat die duisternis julle nie oorval nie.
Joh 12:36 So lank as julle die lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan
word.
Joh 12:42 Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van
die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie.
Joh 12:43 Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God.
Joh 12:46 Ek het as ‘n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die
duisternis sou bly nie.
Hierdie was 'n antwoord van Jesus aan 'n skare mense wat gevra het: "Wie is die Seun
van die mens?".
Jesus is die Lig van die lewe!! Luister ook na:
1Jo 1:5 ...God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.
1Jo 1:6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan
lieg ons en doen nie die waarheid nie.
1Jo 1:7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap
met mekaar...
So: God is lig, God is in jou. Geen duisternis is in God nie, daarom kan geen duisternis
in jou wees nie. Daarom: as jy se dat jy die lig in jou het, mendende:
-wandel en doen soos Jesus
-gemeenskap met Hom het
maar nog steeds roekeloos voortgaan en sonde najaag, dan lieg jy as jy se jy het die lig
in jou, WANT LIG EN DUISTERNIS MENG NIE!!!
Isa 55:6 Soek die HERE (soek die lig) terwyl Hy(dit) nog te vinde is; roep Hom(dit) aan
terwyl Hy(dit) naby is.
Jesus se dan: "nog net 'n klein tydjie is die lig by julle' - daarom soek dit, want die tyd
is min, TERWYL DIT NOG TE VINDE IS!!
Ons almal het in duisternis gewandel, verlore en verdwaal sonder om te weet waarheen
ons lewe oppad is. Maar op 'n dag het ons die lig gevind.
NOU: As dit donker is en 'n lig skakel aan, sien jy dit duidelik, jy kan nie die lig miskyk
nie. Daarom glo ek dat dit maklik is om die Lig te vind. Dit is maklik om God te vind.
MAAR: God wil he jy moet in die lig bly en in die lig wandel, en dit beteken om nie die
werke van die duisternis te doen nie, want anders se: Joh 12:35 sal die duisternis julle
oorval
Vir interessantheid: Ons wonder waarom storms, pyn en lyding, duisternis, rampe,
depressie, dood, onheil, armoede, siekte, en verdrukking CHRISTENE OORWELDIG EN
ONDERKRY, ek praat nie van tref nie, ek praat van onderkry, as Jesus dan gese het dit
sal julle GEEN SKADE doen nie (herhaal vraag?)
want: Ons kies om onder hierdie waarheid uit te beweeg, ons kies om onder die
lig uit te beweeg, ons kies om onder Jesus uit te beweeg. Want Jesus is die waarheid,
Jesus is die lig. Natuurlik sal die duisternis ons dan oorval en onderkry. Die Bybel se
ook: ons is verborge(weggesteek) in Christus. Ons word weggesteek in die lig, dan kan
die duisternis ons nie oorval nie.
Luister ook na: Psm91 - hy wat skuiling vind en bly, skuiling vind en bly in die Lig (by
die Allerhoogste), HY SAL DAARDIE BESKERMING GENIET TEEN DIE DUISTERNIS.
So hoekom gebeur dit dan dat die duisternis ons oorval en skade doen? Want dis nie
God wat ons verlaat het of lieg in Sy Woord nie, dis ons wat gekies het om uit die Lig te
beweeg. Hoeveel keer het ons al uit die lig beweeg en in die duisternis begin gewandel
en die lig (God) die skuld gegee vir ons probleme. AS ONS MAAR NET IN DIE LIG
WOU BLY! As ons net na God wou luister en nie verkeerde besluite wou neem nie.
Soveel keer is dit deur ons eie toedoen.
Hoe beweeg ons onder die lig uit/ Hoe wandel ons in duisternis:
- in ongeloof en twyfel
- neg. uitspraak wat ons maak
- in vrees
- in bitterheid
- in onvergewensgesindheid
- in sonde en ongehoorsaamheid
- in ongeduld
- in onbeheersdheid
- verkeerde besluite, want ons raadpleeg nie die lig nie
- verkeerde gedrag
- en vele meer!!!
Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar,
dan is ons een met die lig...God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. Jesus se: Ek
het as ‘n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou
bly nie, maar in die Lig. BLY DAN IN DIE LIG. Wandel so lank as julle die lig het, IN
DIE LIG, dan sal die duisternis julle nie oorval nie. Want as ons skuiling vind en BLY in
die lig, by die Allerhoogste, DAN sal ons Sy volkome beskerming geniet!!! Niks sal ons
skade kan doen nie. Ons sal in en deur alle rampe en verdrukkings kan gly.
Dit IS DIE REINE EN HEILIGE WAARHEID!!!
Ons hoef geen skade te ly nie, ons is werklik vry daarvan, dit is DIE NUWE VERBOND!
DAN: Die duisternis is 'n werklikheid en 'n plek waarin ons kan verval as ons nie in die
lig wandel nie. Maar: God gee ons riglyne hoe om in die lig te wandel en te BLY:
1. Joh 12:36 So lank as julle die lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig
kan word.
Dis die eerste stap wat ons moet neem - om van die duisternis na die lig oor te gaan,
om kind van God te word ,om jou geloof in God volwaardig oor te sit en nie staat te
maak op wereldse dinge/sonde nie.
2. Maar: Daar is 'n voorwaarde wat baie mense uitlos of miskyk en dit bepaal of jy
waarlik in die lig wandel en of jy waarlik 'n kind van die Lig is. Dit is:
Joh 12:42 Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van
die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie.
Deur net in Christus te glo gaan jou niks baat nie. Jy moet saam met jou geloof Hom
met jou mond bely, jy moet kan verkondig dat Christus jou verlosser en saligmaker
is. Jy moet aan almal kan vertel jy is nou kind van God en jy doen
dinge nou anders.
Rom 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit
die dode opgewek het, sal jy gered word
1Jo 4:15 Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is—God bly in hom, en hy in
God.
Die duiwels glo ook se Jak 2:19, maar hulle gaan nie hemel toe nie. So glo baie in God,
maar hulle gaan nie hemel toe nie. Die duiwel ken die bybel op die punte van sy
vingers, maar hy gaan nie hemel toe nie. Wat maak ons geloof dan anders as die
duiwels sin, wat maak ons geloof eg: die antwoord - DEUR JESUS CHRISTUS en JOU
GELOOF IN HOM MET JOU MOND TE BELY. En daar is KRAG in belydenis.
Rom 10:10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot
redding.
Jy kan jouself uit negatiewe en doods situasies spreek. Jy kan jouself net deur 'n woord
te spreek in oorwinning bring. As jy in geloof spreek sal dit gebeur, want dis nie jy wat
meer spreek nie, maar die Gees in jou se die Woord van God. En deur net 'n woord te
spreek het alles tot stand gekom deur God.
As jy in die lig wil bly, waar die duisternis jou nie kan OORVAL nie, as jy wil he jou lig
moet skyn sodat jy nie in duisternis wandel of VERVAL nie, bely Jesus Christus en
jou geloof in Hom met jou mond en oral waar jy gaan. Jy sien, as jy in 'n geselsskap
instap waar negatief gepraat en geskinder word en jy se jy's kind van God en doen
dinge nou anders, sal jy nie saam praat nie. Jou lig sal skyn en die ander sal in skaamte
stil bly. As jy se jy's kind van God en jy doen dinge anders en jy in 'n nagklub instap,
sal jy nie saam partytjie nie, maar eerder almal om jou van Christus vertel en jou geloof
in Hom bely. Kan ons dit doen. Kan ons die lig bely sodat ons kinders van die Lig kan
wees, of bly ons eerder stil sodat ons saam kan kwaad doen met die wereld!
Ons moet pasop om in skaamte eerder stil te wil bly. Om stil te bly beteken om eerder
die wereld se aanvaarding te wil wen. Jy het die eer van mense meer lief as die eer van
God. Maar al wen jy ook die eer van mense, al wen jy ook die wereld, JOUSELF SAL JY
VERLOOR. En ons weet dat die hele wereld onder die mag van die duisternis le, maar
ons is uit God, wandel dan soos God (1Joh5:19).
Joh 12:42 Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van
die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie.
Joh 12:43 Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God.
Dan: Al het jy van die duisternis na die lig oorgegaan, gaan jy steeds dae wat donker is
ervaar. Maar die duisternis, se die Woord, sal jou nie oorweldig nie. Jesus het vooraf
gese:
Joh 16:33 Dit het Ek vir julle gesê... In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou
goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
SO in die tye wat dit swaar en bedruk gaan hou goeie moed
- wag op die Here se antwoord
- staan vas
- bely asb net die posetiefen bly glo, hou vas aan geloof
-bly bid!!!!!
Dan kan jy weet dat die lig duisternis oorweldig. God het nie gese dat die lig, of waarlik
vry of die nuwe verbond dan beteken dat niks jou kant toe sal kom nie, waarlik vry
beteken dat die duisternis jou nie sal skade doen of onderkry nie. Jou gees sal vasstaan
in die krag van Christus!!!! Maar: AS JY GLO EN POSETIEF BELY EN IN DIE LIG BLY!!!
Wanneer niks meer uitwerk nie, wanneer jy moet wag in halglike omstandighede, jy
verneder word, wanneer siekte erg lyk en vrees jou wil beetpak, terwyl jy bly glo en
vasstaan, God gehoorsaam, posetief bely en in die lig bly dan se die skrif:
Isa 58:8 Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit;
en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die HERE jou agterhoede
wees.
Isa 58:9 Dan sal jy roep, en die HERE sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal
sê: Hier is Ek!
Bly wandel in die lig. God se heerlikheid sal selfs soos lig uit jou straal. God sal
ingryp!!!!!
3. 1Jo 2:9-11 Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot
nou toe. Wie sy broeder liefhet, bly in die lig, en in hom is geen oorsaak van struikeling
nie. Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet
nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind het.
Bitterheid en onvergewensgesindheid, is die eienskappe van haat en van die duisternis
self. Om in die lig te bly sal ons moet leer liefhe, en Jesus se: selfs jou vyande.
Ons was vyandskap teenoor God voor ons tot bekering gekom. Elke liewe een van ons
het Hom teen die kruis vasgespyker. ELKE LIEWE EEN!!!! Moenie dink jou sonde was te
klein en te min nie:
- rook vernietig jou liggaam
- drank vernietig lewens en gesinne
- onvergewensgesindheid is so goed soos selfmoord (want sonder om te kan vergeef
kan jy nie in die hemel ingaan nie, is jy nie vergewe nie, en pleeg geestelike selfmoord)
- skinder, enige negatiewe komentaar oor enige mens en vloekwoorde, se die Bybel,
so tong word uit die hel aangesteek. Dis net so erg!!!
sonde bly sonde, moet nooit vinger wys nie, een sonde is nie groter as 'n ander nie.
Maar ons se, kyk, kyk wat het sy aan ons gedoen, kyk wat het hy aan my gedoen, geen
mens het die reg om dit te doen nie!!! Maar jy, ek, kyk wat het jou dade aan Jesus
gedoen. Jy, ek het Sy heilige, onskuldige liggaam verpletter op die kruis. Ons het hom
onskuldig laat vermoor. Dis deur jou en my wat Hy gehang is. En wat roep Hy uit:
VERGEWE HULLE VADER, HULLE WEET NIE WAT HULLE DOEN NIE. En ons weet nie
in die minste wat ons werklik aan Hom gedoen het nie. Maar hy't jou en my vergewe.
En ons wil self nie ons vyande vergewe nie. Dit breek Jesus se hart. En ons sonde wat
Hom laat hang het, ons gaan aan daarmee. Dit breek Jesus se hart. Haat breek Jesus
se hart!
Begin liefkry soos Jesus liefgehad het en Sy kosbare lewe vir jou gegee het, jy en ek
verdien dit nie, moet ook nie probeer dat 'n ander jou liefde verdien nie!!!! Verniet het
jy ontvang, verniet se die Bybel moet jy gee. Kry lief en vergewe, dan sal jy nie struikel
of in duisternis wandel nie!!!
4. Laastens. 1Jo 1:6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis
wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.
1Jo 1:7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap
met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.
1Jo 2:6 Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel
het.
As jy se jy bly nou in God, in die lig, jy is Sy kind, maar jy gaan roekeloos voort met
duistere dinge dan lieg jy. Om so te se is om so te wandel. Moet nie tydig en ontydig
uit die lig beweeg nie. Bly daar momenteel. Soek die lyding van die Heilige Gees
konstant deur die dag, hou jou gedagtes altyd op God gerig. Bly in die lig, dan sal die
duisternis vlug en jy al hoe meer gereinig word van duistere werke.
Hoe bly ek in die lig? - glo in die lig en bly vasstaan
- Bely Jesus, jou geloof en bely posetief
- Bewys liefde aan alle mense, hulle hoef dit nie te verdien nie
- Volg Jesus se voorbeeld, wandel soos Hy het
Isa 42:19 Wie is blind buiten my kneg en doof soos my boodskapper wat Ek stuur?
Wie is blind soos die vertroude vriend, en blind soos die kneg van die HERE?
Isa 42:16 En Ek sal blindes lei op ‘n weg wat hulle nie ken nie, hulle laat loop op paaie
wat vir hulle onbekend is; Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit en die
hobbelagtige plekke gelyktes. Dit is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie.
Isa 60:1 Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die HERE gaan
oor jou op. (heerlikheid - God se krag, salwing en wonders)
Isa 60:2 Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar
oor jóu sal die HERE opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.
Isa 60:19 Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou
geen skynsel gee nie; maar die HERE sal vir jou wees ‘n ewige lig, en jou God sal jou
sieraad wees.
Isa 60:20 Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want
die HERE sal vir jou wees ‘n ewige lig, en die dae van jou treurigheid is verby.
My gebed vir jou: Mag God jou altyd in die lig hou, mag Sy lig voor jou uitgaan en jou
agterhoede wees. Mag jou lig skyn in 'n duistere wereld daarbuite.
____________________________________________________________________________________________________
Home Fun stuff English Sermons Afrikaans Sermons Bible verses/references General Thoughts to think about Testimonials Contact me Guestbook

Luk 18:1 En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet
bid en nie moedeloos word nie,
Luk 18:2 en gesê: Daar was ‘n regter in ‘n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie.
Luk 18:3 En daar was in daardie stad ‘n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen
reg aan my teenoor my teëparty.
Luk 18:4 En ‘n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en
al ontsien ek geen mens nie,
Luk 18:5 tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie
eindelik kom en my in die gesig slaan nie.
Luk 18:6 Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.
Luk 18:7 Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy
ook lankmoedig in hulle geval?
Luk 18:8 Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom,
sal Hy wel die geloof op die aarde vind?
Elkeen van ons het op die oomlik 'n hoop in ons hart vir iets. Iets waarna ons soek, waarna ons verlang,
goeie begeertes in ons hart.
Luk18:1 God sê bid gedurig, bid aanhoudend, moenie stop om God aan sy beloftes te herhinner nie.
Aanhoudende gebed wys vir God dat jou volharding en geloof IN HOM opreg is. Dit wys vir God dat
jy glo day Hy waardig is om voor gebid te word. Dit wys vir God dat jy gebed... gebed WAT HY
DAAR GESTEL HET, waardig ag, om te ontvang wat Hy in Sy woord beloof.
Maar: wat wys dit vir God wanneer ons opgee op ons gebede of minder begin bid. Dink daaroor.
Dalk: God is nie waardig om voor gebid te word nie! of: gebed is nie waardevol nie, dit baat my niks!
Daarom: hou uit, hou aan!. Wys God dat jou geloof in Hom behoue sal bly en dat jy geduldig sal
wag net soos hierdie vrou in die boek van Lukas en nie sal ingee agv moedeloosheid nie - Dan:
dan sal God jou gebed beantwoord, omdat jy dag en nag vol bly staan het in geloof en blootweg
omdat God gesê het Hy SAL en omrede Hy altyd gebede beantwoord, solank dit net nie bybelse
perke oorskry nie . GLO JY DIT! God sê so: en Hy wonder self of ons dit glo! Hy vra in vers 18: as
die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind? Kan ons so volhard in gebed
en smeking en geloof?
Luk 18:9 En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en
die ander verag, hierdie gelykenis vertel.
Luk 18:10 Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een ‘n Fariseër en die ander ‘n
tollenaar.
Luk 18:11 En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos
die ander mense is nie—rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie.
Luk 18:12 Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry.
Luk 18:13 En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar
het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig!
Luk 18:14 Ek sê vir julle, hierdie laaste een (die tollenaar) het geregverdig na sy huis gegaaneerder
as die eerste een (Fariseer); want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself
verneder, sal verhoog word.
Moet nie langer jou gebed minag nie. 'n Heiliger en perfekter lewe as die res en dalk mooi en lang gebede het
die Fariseer niks gebaat nie, want sy hart daarin was nie opreg nie. Hy was nie geregverdig voor God nie.
Moet nie dink dat die sinsgebruik van jou gebede nie goed genoeg is nie. Moet ook nie dat dit jou daardeur
verhoed om voor ander te bid of om voor God te kom in gedurige en gereelde gebed nie. God kyk nie na
lang en mooi uiteengesette gebede nie, maar Hy kyk eerder na jou hart daarin. Daarom het die tollenaar, al
het hy skaam en vernederd gevoel oor sy tekortkominge en dalk klein en kort gebed, het hy steeds na God
gekom, maar met 'n opregte hart – en sy opregte hart het hom geregverdig voor God.
Gebruik daarom die vrymoedigheid om meer gereeld te bid en tydens meer geleenthede, al is dit klein
gebede - jou geloof en opregte hart word beantwoord en is welriekend en maak jou geregverdig voor
God, nie jou sinsgebruik of lengte van gebed nie.
Rom 8:24 Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat
iemand sien, waarom hoop hy dit nog?
Rom 8:25 Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding (patience).
Rom 8:26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet
bid nie (as we ought to), maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge (with
groanings that cannot be uttered).
Rom 8:27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy
ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy
voorneme geroep is (according to His purpose).
Rom 8:32 Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe
sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?
Daardie hoop, daardie geloof wat jy in 'n gebed, 'n wens of begeerte het - hou aan bid vir dit: al sien jy dat
niks tans gebeur nie. Want God het mos gesê dat dit sal kom en dat Hy alles vir jou genadiglik sal skenk.
Genadiglik wat onverdiend beteken, nie omdat jy meer heilig, meer perfek, langer of beter moet bid as die
res nie. ONVERDIEND sal dit kom!!!! ALLES!!!
:25 As jy daardie hoop, daardie wens en begeerte in jou waardig ag, dan sal jy daarop WAG MET
GEDULD en met VOLHARDING en geloof in God en in die krag van gebed.
Al weet jy nie hoe om te bid nie, en jy wil graag bid, bid net in jou eie woordeskat. Al kom die woorde
nie altyd reg uit nie - :26 sê dat die Heilige Gees jou hart ken en weet wat jy bedoel en dra Hy in elk
geval die regte bedoeling aan God oor. Hoe meer jy dan in elk geval bid hoe meer sal die Heilige
Gees jou leer om te bid. En so: deur jou liefde en gebede vir God sal alles vir jou ten goede
meewerk en bonus: sal jy jou doel ook sommer in die Here vind (:28). Want hoe meer jy bid hoe
meer leer jy God se stem ken wat terugpraat en jou in 'n rigting in lei en aan jou openbaar groot en
ondeurgrondelike (magtige) dinge wat jy nog nie weet nie (Jer33:3).
Opsommend: Bid gedurig, bid meer gereeld. Dit maak nie saak hoe jou gebed mag klink nie, God
kyk nie na jou woordeskat nie, maar na jou hart. Hy kyk reg verby jou tekortkominge as jou hart
opreg is en skenk daarom alles aan jou genagdiglik, onverdiend, want niemand is perfek nie.!!!
Daarom kom in vrymoedigheid en met geduld en volharding in gebed voor God en Hy sal jou
gebede beantwoord - GLO dit net en staan vas totdat als in vervulling kom.. Ag God en die krag van
gebed waardig sonder om moedeloos te word. Hy toets geloof. God het jou so lief, so lief dat Hy sy
eie Seun nie eers gespaar het nie - en daarom sal Hy saam met Sy seun alles wat jy nodig het en
wat Hy gesê het Hy vir jou sal gee - SAL Hy alles aan jou genadiglik skenk. En geskenke is verniet
. Sy gawes is verniet. Ontvang dit net in die geloof.
____________________________________________________________________________________________________
Home Fun stuff English Sermons Afrikaans Sermons Bible verses/references General Thoughts to think about Testimonials Contact me Guestbook
God het 'n nuwe Testament met beloftes opgestel. Beloftes van volkome
oorwinning en vryheid in Christus en van krag en salwing deur die Heilige
Gees deur wie ons groter dinge sal doen as Jesus. Wanneer tree 'n
Testament wat opgestel is in werking? Sodra die persoon sterf wie se
testament dit is. Jesus het gesterf, en die oomblik toe Hy sterf was hierdie
beloftes reeds ons sin. Dit behoort aan jou, daar is geen vertwyfeling nie!
Jy moet dit net vat. God het nie skeiding gemaak in hierdie testament
tussen meer gehoorsame en minder gehoorsame kinders nie. Die
voorwaarde was net absolute liefde en geloof in Hom. Want dit maak jou 'n
kind werd!
Hand26:18 ...that3588 they846 may receive2983 forgiveness859 of sins,266 and2532 inheritance2819 among1722 them3588 which are sanctified (purified)37 by faith4102that3588 is in1519 Me.1691
Ons ontvang die beloftes van die Heilige Gees en Sy gawes/ ons is
erfgename van hierdie goddelike krag om deur ons te werk (die salwing,
God se heerlikheid) sodra ons net glo.
Hand 26 sê sodra jy na God gekeer het (jy het), ontvang jy vergifnis (ook
vir al daardie tekortkominge wat jy steeds het!) en jy ontvang hierdie
wonderlike erfporsie van elke belofte van die nuwe test. as JY NET
GELOOF HET dat dit t.s.v jou tekortkominge aan JOU BEHOORT.
Hoekom? Want jou geloof in God WAS JOU SKOON. HALLELUJAH!!!!!! Dis
'n openbaring van God, vat dit! As jy God lief het (jy het met jou hele hart)
en jy glo net daarby dat jy dit waardig is, dat dit alles aan jou behoort,
REINIG JOU GELOOF JOU sodat jy waardig en blameless voor God kan
staan, en Sy Gees en Sy gawes en salwing deur jou kan werk!!!! Hy kyk
verby al jou tekortkominge. Daarom het Hy geloof daar gestel, want Hy het
geweet ons sal dit nooit kan verdien nie. Geloof het die uitweg gebring!!!
Onthou Efe2:8 'by grace through faith'.
Luk 7:37 En toe ‘n vrou..., wat ‘n sondares was, verneem dat
Hy in die Fariseër se huis aan tafel was, het sy... salf gebring
Luk 7:38 en agter by sy voete gaan staan en geween; en sy het
sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare
van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met
salf gesalf.
Luk 7:39 Toe die Fariseër..., dit sien, sê hy by homself: Hy, as
Hy ‘n profeet was, sou geweet het wie en watter soort vrou dit is wat Hom
aanraak; want sy is 'n sondares.
Luk 7:40 En Jesus antwoord...: Simon, Ek het iets om aan jou
te sê...
Luk 7:41 ‘n Sekere geldskieter het twee skuldenaars gehad; die
een het 500 pennings geskuld en die ander een 50;
Luk 7:42 en omdat hulle niks gehad het om te betaal nie, het hy
dit aan altwee geskenk. Sê nou, wie van hulle sal hom die meeste liefhê?
Luk 7:43 Simon sê: Ek veronderstel dié een aan wie hy die
meeste geskenk het. En Hy antwoord hom: Jy het reg.
Luk 7:44 Daarop draai Hy om na die vrou en sê vir Simon: Sien
jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom—water het jy nie vir my voete
gegee nie; maar sy het met haar trane my voete natgemaak en met die
hare van haar hoof afgedroog.
Luk 7:45 ‘n Soen het jy My nie gegee nie; maar sy het, vandat
sy ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie.
Luk 7:46 Met olie het jy my hoof nie gesalf nie; maar sy het my
voete met salf gesalf.
Luk 7:47 Daarom sê Ek vir jou: Haar sondes wat baie is, is
vergewe, want sy het baie liefgehad...
Luk 7:48 En Hy sê vir haar: Jou sondes is vergewe.
Luk 7:49 Toe begin die wat aan tafel was, by hulleself te sê:
Wie is hierdie man wat selfs die sondes vergewe?
Luk 7:50 En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan
in vrede.
Hierdie sondares kom by Jesus met ware berou (sy ween). Sy was Sy
voete met haar trane (berou) en droog dit af met haar hare. Sy het Jesus
se voete begin soen (liefde) en dit met salf gesalf (gedien).
Die Fariseer voel dat die vrou onwaardig is weens haar sonde en dat
hyself waardig is - dalk weens sy gehoorsaamheid aan die wet. Hy kyk met
die oë dat alles dalk verdien moet word. Daarom voel hy dat hy verdien dat
Jesus in sy huis kan kom, maar dat die vrou dit nie verdien om so voor
Jesus te kom buig nie - want hierdie stuk sê haar sonde was BAIE.
Jesus gee toe die gelykenis van die twee manne wat skuld gehad het. Een
baie en een min. Net soos die geldskieter skryf onse Vader ons skulde/ons
sonde af - die wat baie het en die wat minder het - Hy kyk nie na
hoeveelheid nie en skryf albei sin dieselfde af. Die Vader skenk hierdie
daad aan ons, juis omrede Hy weet ons dit nie verdien nie en dat ons nie
daarvoor kan betaal nie - daarom het Jesus dit vir ons betaal.
Ons as mens moet weet dat 'n groot skuld/AL ons sonde en tekortkominge
afgeskryf is (500 pennings). Dit is verniet gedoen/aan ons GESKENK. [it is
'by grace'; and 'through faith' we receive it so that we can live IN it]. As ons
hierdie werklike en totaal vrymakende prys van alle skuldgevoelens en
sonde snap en aanneem - sal ons met 'n meer dankbare en vrymoedige
hart na God kom om ons erfenis in die Gees te ontvang wat hy verniet,
sonder verdienste vir ons GEE! Hoe anders kan ons dan as om God so lief
te hê, die meeste lief weens die groot prys vir ons betaal, al die skuld wat
hy ons afstaan! Moet nie jou vrymoedigheid verloor nie.
Die Fariseer kan vergelyk word met die een man aan wie minder afgestaan
is, en ook net omrede hy homself hoog-heilig hou en hy geen veel fout in
homself vind nie. Daarom sal hy minder lief- hê, want hy voel hy verdien
alles en ook gee hy dan minder uit.
Jy kom dalk soos hierdie vrou al vir 'n lang tyd voor die Here. Jy het 'n
opregte hart. Jy het jou foute, jou tekortkominge, maar jy het God so lief. Jy
het 'n hart van berou. Stel nou net jou geloof in werking!!! Hierdie vrou het
nie een woord voor Jesus gespreek nie - AL WAT SY GEDOEN HET IS:
SY HET MET GELOOF EN MET 'N HART VAN BEROU EN LIEFDE VOOR
HOM GEKOM - O, SY HET GEWEET SY VERDIEN DIT NIE, sy het haar
foute geken. SLEGS, ja slegs hierdie eienskappe was genoeg dat Jesus
haar vergewe. Wat red haar, wat maak haar vry, WAARLIK VRY sodat
Jesus selfs vir haar sê "gaan in vrede"? Haar GELOOF!!!
Sonder dat sy een woord gespreek het en sonder verdienste stuur Hy jou
ook uit in oorwinning. Jou geloof en liefde vir God reining jou, en daagliks!
Want geloof is liefde vir God!
Gal 5:6 Want in Christus Jesus het nòg (nie) die besnydenis
(gehoorsames) nòg (nie) die onbesnedenheid (ongehoorsames) enige
krag nie, maar die met geloof wat deur die liefde
werk.
GOD KYK NA JOU GELOOF EN LIEFDE VIR HOM!
Moet nie kyk na jouself deur jou eie oë nie. Kyk na jouself soos God jou
sien. As ons na onsself kyk deur ons eie oë om die goed in ons te sien, sal
ons net wanhopig raak. DANK God: Hy sien ons nie soos ons onsself sien
nie.
1Sa 16:7 Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien
aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.
Daarom kyk nie na wat jy sien nie, gaan nie op die sienlike nie, maar glo in
die krag van die Gees wat binne jou is.
2Co 5:7 Want ons wandel deur geloof en nie deur dit wat ons
sien nie.
Glo in dit wat in jou is - the power of the Holy Spirit, the same power that
rose Jesus from the dead? - en plaas dan jou geloof in daardie krag in jou
en NIE MEER LANGER OP JOUSELF NIE, dan sal daardie krag begin deur
jou werk!!! Die probleem is ons kyk na onsself en judge onsself of ons goed
genoeg is vir die werk van die Here - en word dan gelos met teleurstelling!
Want ons is onvolmaak, ons KAN NIE, MAAR GOD DEUR ONS KAN! Hou
op kyk na jouself en kyk na God IN JOU, 'the power of the Holy Spirit in you'
en vertrou op dit wat Hy DEUR jou sal doen!!! MAN, God slaan 'n REGUIT
HOU deur 'n KROM STOK! HALLELUJAH!!!!!
Sê: 'Here ek is nie perfek nie, wat ek gedink het van myself is reg - ek kan
nie! want my tekortkominge is baie - maar noudat ek dit besef het plaas ek
my geloof, 'n geloof wat my reinig van daardie tekortkoming en foute om
waardig voor U te staan - plaas ek op u Here en op U salwing en U krag
wat in my is en deur my sal werk - die salwing en krag van u Gees wat my
in staat stel om wonders te doen t.s.v my onvermoë. Want in Christus is ek
tot alles in staat en sal Sy vermoëns die werk doen. Ek moet net sê HIER
IS EK, NET SOOS EK IS, EK VERDIEN DIT NIE! DOEN U NOU DIE WERK
DEUR MY, WANT EK MYSELF KAN NIE!'
Joh 20:30 Nog baie ander tekens het Jesus voor sy dissipels
gedoen wat in hierdie boek nie beskrywe is nie; (ons sal groter tekens
doen het Hy gesê)
Joh 20:31 maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus
die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê
in sy Naam.
Deur net te glo sal Christus se lewe deur ons manifesteer, Sy
krag, Sy Gees, Sy salwing en die heerlikheid vanGod.
Gal 3:5 Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle
werk, doen Hy dit uit die werke van die wet (a.g.v jou gehoorsaamheid,
goeie dade, om dit te verdien?) of uit die prediking van die geloof?
Gal 3:14 sodat...in Christus Jesus... ons die belofte van die
Gees deur die geloof kan
ontvang.
Laat toe dat God jou vrymoedigheid en waardigheid herstel. Hey,
Christians ain't perfect, just forgiven. And by grace, through faith do we
receive every promise God has ever made.
GOD SLAAN 'N REGUIT HOU DEUR 'N KROM STOK – GLO
JY DIT!!!
____________________________________________________________________________________________________
Home Fun stuff English Sermons Afrikaans Sermons Bible verses/references General Thoughts to think about Testimonials Contact me Guestbook

Gal 5:1 Stand fast therefore in the liberty/freedom wherewith Christ hath made us free, and be not
entangled again with the yoke of bondage/slavery.
[Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van
Bindings/slawerny (diensbaarheid aan duiwel) bring nie. ]
Jesus het ons klaar (hath made) 100% vrygemaak (liberty/freedom) op die kruis van enige armoede,
siekte, dood, vloeke, onheil, vrees en verwoesting.
Ons moet net vasstaan/bly/leef (Stand fast) in daardie vryheid sodat ons nie ondergekry word deur
sonde, armoede, siekte, vloeke ens. (yoke of bondage/slavery) nie. Maar, hoe staan ons vas teen
hierdie dinge en die duiwel:
1Pet5:9 Whom (the devil) resist steadfast in the faith
[1Pe 5:9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof ]
Ons staan vas (steadfast) deur geloof (faith). Deur net te glo – en dit is so maklik - jy IS vry en geen
onheil, ondergang of skade kan jou oorweldig nie. AS JY DIT GLO!
Watter waarde het die kruis dan as, sodra ons Jesus aangeneem het, die duiwel/vloeke/siekte/dood/armoede
/vrees ens. steeds baas oor ons speel. Dan kan ons net sowel in die ou Testament gebly het en nooit
oorgegaan het in die nuwe Testament nie. Maar: Jesus het juis gekom om al hierdie dinge weg te neem - die
begin van 'n nuwe Testament- en HY HET dit reeds weggeneem! Jesus het dan gesê die kruis het volle
oorwinning vir ons gebring en die poorte van die doderyk is uitmekaar geskeur. Leef dan nou in die nuwe
Testament (dink na hieroor)
Rom 4:20 En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk
deur die geloof en het aan God die eer gegee
Heb 6:12 ... hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is.
Oorwinning en genesing en al Jesus se beloftes tree in sodra jy net glo (geloof ) dat dit so is, dit
beteken t.s.v wat jy sien of wat jy ervaar; en as hierdie oorwinning nog nooit aan jou openbaar is nie,
was dit dalk net deur ongeloof in die waarheid of deur geloof in die leuen! Sit jou geloof oor in die
waarheid van die Woord.
Weet nou hoe kosbaar is jou geloof: Efe 2:8 "by grace, through faith you ARE safed" - safed wat =
gered en weerhou beteken!
Genade (grace) beteken, dis onverdiend. Jy verdien nie verlossing van armoede, siekte, onheil ens. of deur
goeie werke van die wet, deur sondeloosheid nie. Stellig, NEE! Heiligmaking IS 'n vereiste en opdrag van
God, maar God ken die mens so onvolmaaktheid; en daarom het vergifnis, genade en die bloed van die Lam
ingetree om ons skoon te was, en dit gebeur so MOMENTEEL! God weerhou jou nie van beskerming teen
die duiwel of van Sy mooi beloftes weens jou tekortkominge of swakheid nie. Watter LIEFDE sou dit tog
wees.
Die duiwel kan net aan ons doen wat ons hom toelaat. Ons as mens gee onsself oor in die klou van die
vyand en vir ondergang en vloeke. Waarom: - deur onsself onder die wet te plaas en so onder die genade uit
te beweeg. EN deur ongeloof in God se beloftes - want dis net geloof (ek herhaal dit weer: NET
GELOOF) wat ons red en weerhou (through faith you ARE safed) – en nie ons gehoorsaamheid aan
die wet nie. Feitelik is daar duisende mense in die wêreld wat gehoorsaam is, pragtige mense met
mooi waardes wat alles net reg doen: maar hulle het nie geloof in God nie, hulle wil hom nie ken nie
– Daarom baat hulle gehoorsaamheid hulle niks nie, hulle is oop teikens vir die vyand en vir
ondergang, want hulle het nie die geloof nie!.
Gal5:4 Christ is become of no effect unto you, whosoever of you are justified by the law; ye are fallen from grace.
[Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, Christus is vir julle van geen krag/effek nie ( is losgemaak van
Christus); julle het van die genade verval. ]
Om onsself onder die juk van die wet (die ou Testament) te plaas, beteken: om geregverdig en geregtig te wil
wees op God se beloftes, beskerming en die hoop wat voorlê deur die goeie werke wat ons doen en deur die
wette van God na te kom - om so dan ons vertroue op die wet en ons werke en gehoorsaamheid daaraan te
plaas i.p.v op die genade en geloof in God. As dit so moes gewees het, was geloof en vertroue op God
NOOIT nodig nie. Ons hoef dan net goed en gehoorsaam te gelewe het.
Wanneer ons ons vertroue in ons gehoorsaamheid aan die wet plaas (onder die juk van die wet is),
laat ons vloeke toe om ons te tref, omrede ons dan onder die wet lewe. Die straf om die wet te oortree
(te sondig), was vloeke wat jou dan sou tref - Gal3:10 "Want almal wat uit die werke van die wet is, is
onder die vloek"”vervloek is elkeen wat nie handel volgens alles wat geskrywe staan in die wetboek
om dit te doen nie”.
Dit is hoe dit gewerk het in die ou Test. en werk steeds vandag so as jy steeds onder die wet lewe deur jou
vertroue op jou gehoorsaamheid aan die wet te plaas, i.p.v geloof en so dan onder die genade uit te beweeg
wat eintlik vir die nuwe Test. bedoel is .
Gal3:10 For as many as are of the works of the law are under the curse: for it is written, Cursed is every one that continueth not in all things which are written in the book of the law to do them.
Omdat ons dan wetties (ou Testamenties) leef in die nuwe Test. waarin Christus ons kom verlos het,
maak ons Sy verlossingskrag kragteloos (Christ of no effect) en beweeg onder die genade uit
(fallen from grace) en in die kloue van die vyand en ondergang in. Want ons bly leef in die ou Test. en
neem nie die nuwe Test. van Christus aan waar Hy gekom het om ons vry te maak van die wet en die
straf van die vloek wat dit bring nie. Isa 53:5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille
van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom…
Jesus het die straf wat ons vir sonde moes ontvang op Hom gedra, die straf wat vloeke was (vb van vloeke)
. Daarom sal God jou nie meer oopstel vir vloeke a.g.v sonde en ongeregtigheid nie. Jesus het daardie straf
gedra en dit weggeneem deur Sy bloed. As jou hart opreg is voor God en jy Hom aangeneem het, sal geen
skade jou meer tref nie en verlaat alle onheil en vloeke en armoede en siekte jou as jy dit net glo!
Gal3:11 But that no man is justified by the law in the sight of God, it is evident: for, The just shall live by faith :13 Christ hath redeemed us from the curse of the law, being made a curs for us:
[En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof
lewe. Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word]
God ken die mens dat Hy onvolmaak is en dat sonde deel van die mens is. Hy het selfs GEWEET dat
in 'n nuwe Test. ons STEEDS sou sondig, waarom sou Hy dan beloftes opstel in die nuwe Test. wat
dan net vir super heiliges bedoel is wat altyd die werke van die wet sou kon nakom en nie sou sondig
nie? Waarom sou Hy van verlossing van vloeke en oorwinning oor 'n duiwel praat as Hy geweet het
ons sou steeds sondig en dat sonde miskien ons hiervan sou weerhou het? Verstaan daarom dat
verlossing en oorwinning vir die is wat net GLO dat Jesus dit alreeds vermag en vir hulle gegee het en
vir die is wat ware berou het oor hul sonde en dit bely en STREEF na heiligmaking. Dit is
GENOEG vir God.
Gal5:6 For in Jesus Christ neither circumcision availeth any thing, nor uncircumcision; but faith which worketh by love.
[Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk].
In Christus vermag die wat geregverdig wil word deur die werke wat hulle doen/gehoorsaamheid aan die wet (circumcision ) en die wat nie die werke doen nie/ongehoorsaamheid aan die wet
(uncircumcision) ALBEI niks nie. Maar die wat geloof het, geloof wat deur liefde vir God werk, vermag
ALLES! Kind van God, jy weet in jou hart of jy God liefhet, jy weet in jou hart jy streef na heiligmaking, jy
begeer dit: GLO nou net daarby in die onsienlike, en al God se beloftes: en absolute verlossing sal vir
jou intree, t.s.v. jou foute en tekortkominge. Begin Sy liefde sien vir wat dit is - 'n Vader sal nooit sy kind
wegwys of oorgee aan die onheil en ondergang NIE! Glo jy dit?
Gal5:13 For, brethren, ye have been called unto liberty;
Liewe mens! God het jou geroep (been called) om vry te wees. Soos jy geroep is vir die bediening, is jy
geroep om vry te wees; begin nou net glo in dit sodat jy kan vasstaan en leef daarin! As jy dan glo jy is vry,
sal jy automaties die sonde afstaan, want jy sal glo dit het nie meer mag oor jou nie, t.s.v hoe die situasie vir
jou mag lyk!
Glo in die krag van Christus: die krag wat Hom uit die dode uit opgewek het. Glo dat daardie selfde
krag in en deur jou werk: daardie selfde krag wat die doderyk en hel en satan oorwin het, die poorte
van die doderyk uitmekaar geskeur het - dis die krag van die Gees van God – EN DIT WOON IN JOU.
En daarom, weet: 1Jo 4:4 Julle is uit God, my kinders, en HET hulle oorwin, omdat Hy wat in julle
is,groter is as hy wat in die wêreld is.
Wandel dan so in geloof deur die Gees van God en Sy krag wat deur jou werk, dan sal alle onheil, elke sonde
en struikelblok in elk geval 'n MINOR vir jou wees en jy sal begin luister na die stem van die Heilige Gees,
eerder as om op jou gehoorsaamheid aan die wet te vertrou vir God se vrymaking en beloftes.
Sodra jy dan in geloof begin wandel, deur die Heilige Gees en Sy stem wat jou lei, dan val jy nie meer onder
die juk van die wet nie.
Gal 3:23 But before faith came, we were kept under the law, shut up unto the faith which should afterwards be revealed.
Gal 3:24 Wherefore the law was our schoolmaster to bring us untoChrist, that we might be justified by faith.
Gal 3:25 But after that faith is come, we are no longer under a schoolmaster.
Gal 3:26 For ye are all the children of God by faith in Christ Jesus.
Gal5:18 But if ye be led of the Spirit, ye are not under the law.
So is jy vry van satan, vry van die vloek wat saam met die wet oor jou regeer, vry van siekte en vry van
sonde.
2Co 3:17-18 Now the Lord is that Spirit: and where the Spirit of the Lord is, there is liberty. But we all, with open face beholding as in a glass the glory of the Lord, are changed into the same image from glory to glory, even as by the Spirit of the Lord.
[ Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. En terwyl ons almal met
onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander
na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.]
Dank God vir Sy Gees, die Gees wat in jou is, en as die Gees in jou is, IS jy vry.
Want waar die Gees is, daar is vryheid, daar is God se heerlikheid/Sy glory!
Begin dan in die spieël kyk en sien God se glory in jou, en neem dit aan – dis vir
jou. En soos jy Sy glorie in jou begin aanskou, dis Sy teenwoordigheid, Sy krag,
Sy Gees…sal jy automaties deur die Gees en deur Sy krag begin wandel. En
soos jy met Hom wandel begin jy al meer deur Sy glorie/sy Gees verander om
meer en meer soos Hy te word en hoe kan jy dan anders as om oorwinning, op
oorwinning te behaal. Wandel nou net in hierdie vryheid en plaas jou volle geloof
in dit wat God sê , in plaas van dit wat jy sien of jy beleef en herhinner God aan
Sy beloftes! Spreek Sy beloftes uit in geloof!
Jes62:6 ...o Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes—moenie rus nie
“If ye be led of the Spirit, ye are not under the law.”
- Gal_5:18
We who looks at his own character and position from a legal point of view, will not only despair when he comes to the end of his reckoning, but if he be a wise man he will despair at the beginning; for if we are to be judged on the footing of the law, there shall no flesh living be justified. How blessed to know that we dwell in the domains of grace and not of law! When thinking of my state before God the question is not, “Am I perfect in myself before the law?” but, “Am I perfect in Christ Jesus?” That is a very different matter. We need not enquire, “Am I without sin naturally?” but, “Have I been washed in the fountain opened for sin and for uncleanness?” It is not “Am I in myself well pleasing to God?” but it is “Am I accepted in the Beloved?” The Christian views his evidences from the top of Sinai, and grows alarmed concerning his salvation; it were better far if he read his title by the light of Calvary. “Why,” saith he, “my faith has unbelief in it, it is not able to save me.” Suppose he had considered the object of his faith instead of his faith, then he would have said, “There is no failure in him, and therefore I am safe.” He sighs over his hope: “Ah! my hope is marred and dimmed by an anxious carefulness about present things; how can I be accepted?” Had he regarded the ground of his hope, he would have seen that the promise of God standeth sure, and that whatever our doubts may be, the oath and promise never fail. Ah! believer, it is safer always for you to be led of the Spirit into gospel liberty than to wear legal fetters. Judge yourself at what Christ is rather than at what you are. Satan will try to mar your peace by reminding you of your sinfulness and imperfections: you can only meet his accusations by faithfully adhering to the gospel and refusing to wear the yoke of bondage.
Home Fun stuff English Sermons Afrikaans Sermons Bible verses/references General Thoughts to think about Testimonials Contact me Guestbook