If you have a testimonial you would like to share, contact me and i will publish it in Testimonials.
1. Getuienis deur Louise (16 Oktober 2005)
2. Getuienis deur Louise (Januarie 2006)
3. Getuienis van genesing (14 September 2009)

16 Oktober 2005
Vir 2 jaar lank het ek aan angsaanvalle gely wat dedurende die laaste maande van 2005 baie vererger het. Die aanvalle saam met depressie het veroorsaak dat ek later soos 'n senuweewrak begin voel het.
In daardie typerk het ek na God gekyk vir genesing. Ek wou van niks anders weet nie en omdat ek so vasgestaan het op Sy Woord en in gebed en daar net nie volle oorwinning gekom het nie, het ek maar as mens begin twyfel en God begin bevraagteken.
Ek wou net ingee en na baie trane en hartseer het ek maar ingegee om na 'n dokter te gaan. Na twee dokters wat niks kon foutvind nie, het hulle my maar in elk geval op medikasie geplaas. Emosioneel het ek begin beter voel en het die angs begin afneem, maar ek het net gevoel dat God my nie geskape het om pille te drink om blydskap te ervaar of om nie te vrees nie.
Gedurende 'n oggenddiens in my gemeente kom dit so sterk in my gees op dat ek die medikasie moet los. Daar en dan het ek al my vertroue op die Here geplaas vir genesing en Vir Hom gese dat ek weier om weer aan die pille te raak.
Vir die eerste drie dae het dit redelik goed gegaan, maar daarna het ek baie siek begin voel, erger as voor ek die medikasie gebruik het. Ek glo die vyand wou die geloofstap breek wat ek geneem het, maar ek het bly vasstaan op God se Woord. Die verskriklike siek gevoel en die skok wat my liggaam beleef het, het veroorsaak dat ek weereens wou ingee.
Dit het begin voel asof die Here my dalk wou straf of dat my geroep na Hom net nie goed genoeg was nie. Een Sondag in my gemeente gedurende 'n preek oor Amalek se aanval op God se volk, praat die Gees van God weer met my en ervaar ek net dat angs en depressie nie net 'n gewone siekte is nie, maar 'n aanval van die vyand is op my.
Weereens neem ek 'n geloofstap en staan op in die Naam van Jesus Christus en jaag die vyand weg van my. Daardie selfde Sondag nag gedurende die aanddiens in my gemeente ervaar ek so 'n intense liefde van God en besef dat Hy my hoor en my nood raaksien.
Die Maandagoggend, die oomblik toe ek my voet uit die bed neersit, se die Heilige Gees vir my dat ek genees is! Dit was oombliklik! Waar ek die vorige week moes bid om bo te bly as ek uit die bed moes klim, kon ek uit die bed spring, en met 'n lied in my hart! Ek het soveel blydskap ervaar en dank die Here vir die wonders wat Hy vir my doen, vir al die genesings en Sy wonderbaarlike liefde. Dankie dat Sy hand nog altyd oor my was!
Vir 'n tydperk hierna was die angs nog ligtelik daar, maar ek het geglo dat soos die Here my van die medikasie en die gevolge daarna verlos het, het ek Hom vertrou vir volkome genesing van die angs. Ek het geweet Sy tyd is altyd reg. En God het my volkome genees van angs. Vandag staan ek skoon daarvan!
God sien ons smarte en ons pyn. Hy hoor ons hulpgeroep. Hy se ook: sal Hy nie reg doen aan Sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in HULLE geval. En ons sal op die regte tyd maai as ons nie verslap nie. Hou vas aan God en bly volhard in gebed, oorwinning is voor die deur!
Dankie my Vader.

Januarie 2006
Ek het voorheen getuig oor die tydperk wat ek deur angsaanvalle gegaan het en hoe die Here my daardeur gedra het. Maar ek wil graag iets anders daaroor se.
Daardie vrese en angs het 'n baie lang pad saam met my geloop, en as 'n mens so lank met 'n probleem worstel is dit maklik om gou negatief en moedeloos te word. Maar in daardie tyd het ek die Here ontmoet en vir Hom lief geraak en besef dat vrees nie van Hom af is nie.
Deur dinge wat ek gehoor het, het ek vas begin glo dat die duiwel 'n binding op my het en dat dit 'n gees van vrees is. Toe het ek God begin aanroep vir bevryding, maar dinge het net vererger en ontaard in sterker angsaanvalle.
Vir 2 jaar lank het dit so aangehou. Ek het al die skrifverse moontlik opgesoek en bely en niks het gebeur nie. Eers 'n ruk later het ek geleer dat Bybelkennis by dit self nie goed genoeg is nie, maar dat jy volkome moet glo in dit wat jy spreek.
In daardie typerk hoor ek, en kom dit my 'n paar keer padlangs, dat ek net moet glo ek is vry, want Joh 8 se: "as die Seun van God jou vrygemaak het, is jy waarlik vry". En dit het Hy REEDS aan die kruis gedoen. Dis maklik om te se, maar ek se toe vir die Here: "Reg, ek glo ek is vry, dan IS ek vry". Maar die aanvalle het steeds gekom en elke angsaanval daarna het ek gese of gedink: "Sien Here, hoe kan ek vry wees, ek glo dan, en kyk, dit gebeur nog steeds!". Maar die probleem was dat ek gese het dat ek glo, maar steeds daaraan getwyfel het. Dit help nie om in geloof te probeer spreek en die teenoorgestelde daarvan te dink nie. Dit wat jy spreek, moet jy werklik glo!
Toe kry ek woord van die Here af in 2 Thes 2:10,11 wat se - omdat hulle die liefde tot die waarheid wat hulle sal red nie aanneem nie, sal God hulle die krag van die dwaling stuur om die leuen te glo.
En meteens het ek besef dat omrede ek so vas geglo het dat die duiwel 'n binding op my het, dat ek nie vry is nie, en nie die Woord/die Waarheid geglo het dat ek vry is nie, was ek oorgegee aan die leuen van die duiwel om hom te glo, want die duiwel is die vader van alle leuens - en kon hy met my maak soos hy wou en kon ek nie in volle oorwinning kom nie. Daarom moet ons pasop in wat ons glo.
Toe bely ek net: "here, ek is jammer dat ek U nie wou glo nie". En ek het net my volle geloof in God oorgeplaas. Dit het 'n rukkie gevat voordat ek volkome genees was, maar die Here het my geleer om vas te staan, om te bly glo en om op Hom te wag, want die Woord se: Wag op die Here en God het sy tyd en Sy tyd is reg.
Dit maak nie saak wat jou omstandighede is of wat jou siening daaroor is nie, dit maak nie saak wat jy tans ervaar of hoe hard jou pyn skreeu, of hoe groot jy dink jou aanval is nie - GLO NET jy is WAARLIK vry en in oorwinning. En die Here wil vir jou se: As jy dalk voel iets het 'n houvas of binding op jou, of jy sukkel om 'n struikelblok/sonde in jou lewe te oorkom, wat ookal jou omstandighede of probleem is - GLO NET jy is vry en tot alles in staat deur Jesus Christus wat jou die krag gee en liefhet.
Glo werklik in God vir wie Hy is en vir wat Hy vir jou kan en wil doen en WAG OP HOM. Dit maak nie saak hoe jy na die probleem kyk nie, jou siening bepaal nie wie God is of wat Hy kan doen nie. God se ons moet wandel deur geloof en nie deur aanskouiing nie, omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare (2Kor 4,5) Met breinkrag/mindpower kan 'n mens se brein 'n voorwerp beweeg sonder om daaraan te vat. Dink net wat kan jou brein met volkome geloof doen, net om te glo jy is genees, of vry of wat ookal jou omstandighede.
Jesus se in Joh 8:32: "en julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vrymaak". Die sleutel hier is om die waarheid te ken. Die Woord is die waarheid. God se dat as ons Sy Woord ken, dan sal ons Sy woord glo. Dan sal die Woord/Waarheid ons vrymaak. Glo is die sleutel.
Gaan lees Jeremia 15:11. God het jou lief, en wil iets nuuts doen in jou lewe. Hy het dit soveel keer vir my gedoen. Glo net, en dit wat jy spreek, glo dit volkome en hou vas daaraan, 'you are on a brink of a miracle'!
Home Fun stuff English Sermons Afrikaans Sermons Bible verses/references General Thoughts to think about Testimonials Contact me Guestbook
14 September 2009

So maklik kan mens vergeet van iets wat jy geleer het. Dit het met my gebeur. Ek het vergeet hoe ek die eerste keer volkome
oorgegee het, sodat God my volkome genees het. God het my al van depressie en angs genees, en 2 jaar later kom dit weer
terug. Maar al wat saakmaak is dat God my weereens genees het toe ek na Hom uitgeroep het. Dis al waaraan ek sal vashou.
My 3de getuienis hoe God my van depressie en angs genees. Maar dit maak nie saak hoeveel keer jy val nie, maar wat
saakmaak is hoeveel keer jy weer opstaan. Dit het ek weereens gedoen. Ek HET opgestaan.
Na die geboorte van my derde seuntjie in Oktober 2007 het ek nageboorte depressie gekry. Dit was vir my 'n verskriklike skok,
veral omdat ek geglo het dat ek nie weer depressie sou kry nie, en omrede ek geen rede gehad het om depressief te wees nie.
My seuntjie was van die Here gebid,hy was so stil en rustig, ek was gelukkig. Maar later sou ek uitvind by die dokter dat hormone
maar 'n groot rol in nageboorte depressie speel.
Ek was regtig teleurgesteld. Ek was weereens op anti-depressante geplaas wat ek gedrink het tot middel 2009. Dit was 'n
strawwe 2 jaar. Die depressie het ook veroorsaak dat ek 'n geestelik 'dip' gevang het. Ek het nog 'n kursus anti-depressante
voltooi en het myself van die pille begin speen om af te kan klim. Maar dit was nie tyd nie alhoewel ek vas geglo het daaraan. Dit
was weereens vir my liggaam 'n groot skok en ek het angsaanvalle begin kry. Liggaamlik het ek ook siek begin voel
buiten vir die emosionele kant van my situasie.
Ek het verskriklik sleg gevoel en moes medikasie begin neem vir die angs ook, wat baie vererger het. My medikasie was ook
gedurig verander, want nadat ek myself probeer speen het van die eerstes het ons gesukkel om 'n tipe medikasie te vind wat
weer effektief gewerk het. Wat my situasie nog vererger het was dat die verskillende pille verskriklike newe effekte op my gehad
het, sommige het my angs net meer versleg, ek was naderhand permanent benoud, kort van asem, bewerig, naar, permanente
kopseer, ek kon nie meer reguit dink nie, ek het gesukkel om wakker te bly, as ek wou slaap het my kop gedraai (vertigo).
Dit het gevoel asof ek wou doodgaan.
Ek het baie negatief geword as gevolg van die permanente slegte gevoel fisies en emosioneel. Ek het gebid en dit het gevoel
asof dit teen die dak vasgaan. Ek was raad op en het besluit om 'n einde aan my lewe te maak. Ek was moeg vir depressie en
angs wat gestrek het oor die grootste gedeelte van my lewe. Ek was moeg om nie meer te kan lag en gelukkig te kan voel nie.
Ek het net gevoel ek kon nie meer so aangaan nie, ek het soos 'n mislukte ma, vrou en kind van God gevoel. (Ek het alles gevoel,
en later sou ek leer en onthou dit: dat daardie negatiewe gevoel oor dinge net jou gedagtes is wat jou 'n leuen vertel en jy dit glo).
Die gevoel, of sal ek eerder se, dat die gedagtes te veel geraakhet. Ek het eers probeer om my polse te sny, en daarna 'n
oordosis pille gedrink. Maar God het besluit dis nog nie my tyd nie. Hy wil altyd voltooi wat Hy in ons begin het. Hy het geweet my
genesing is voor die deur.
Nadat ek ontslaan was uit die hospitaal het my fisiese en geestelike toestand vererger. Alles was net te veel vir my. Niks wou
werk, ek het bly sleg voel, die pille was nie effektief genoeg nie en boonop het ek gevoel God hoor nie my gebed nie. (onthou
voel = bedink die leuen) Ek het begin dink en vertel dat God my nie wil genees nie, alhoewel ek in my hart geweet het dit is nie so
nie. Ek was kwaad vir God en ek het hom blameer vir my situasie. Ek het rerig gewonder waarom Hy my nie genees as ek Hom
so mooi vra nie, ek het begin dink Hy vind my geroep nie goed genoeg nie. Ek het gewonder waarom Hy my voorheen al genees
het maar nie hierdie keer wou nie. Maar ek het eintlik regtig vergeet hoe my geloof en my geloofstap voorheen na my genesing
gelei het.
Ek het God 'n datum gegee wat ek wou genees wees, voor of op my verjaarsdag die 4de September. Ek het 'n maand oor gehad
tot en met my genesing dan, wat baie onmoontlik gelyk het vir my, maar ek moes seker na 'n doelwit werk. Ek was moeg, regtig
moeg baklei en niks wou beter vir my lyk nie. Toe word daar op 'n dag vir my vertel maar ek moet net my genesing vat, want op
die kruis het daar genesing vir my gekom. En ek was briesend. Want ek het dit geweet , maar ek was nie genees nie alhoewel
ek God gevra het en natuurlik sou ek dit vat as Hy besluit het Hy wil dit gee. Maar dit het nie vir my gelyk asof dit al arriveer het nie.
En vat dit wat ek vandag vir jou vertel. God het my net op 'n dag 'n openbaring gegee. En toe ek die openbaring vat, menende die
ware betekenis van 'vat' my eie maak, het my genesing oombliklik begin intree. Die openbaring is dit: Die Woord vertel dat daar
deur Jesus se wonde op die kruis vir ons genesing gekom het. My siening hieroor was dat ons dan nooit na die kruis moes siek
word nie, maar dis nie wat hierdie stuk in Jesaja 53 vertel nie. Ons leef in 'n gebroke wereld, daar was die sondeval. Ons is nie
gevrywaar van siekte nie, maar as dit ons wel tref kan ons dan ons genesing vat. Ek het vrede gevind toe ek weet waarom ek dan
nageboorte depressie gekry het, alhoewel ek nie daarvoor gevra het nie. Ek het nie meer rede gehad om God te blameer nie. Dis
'n gebroke wereld. Dit beteken nie ons sal nooit deur 'n dal van doodskaduwee gaan nie. Selfs Psalm 23 vertel dat al sal ons deur
een gaan, God met ons is, Sy stok en staf die vertroos ons. Nou moes ek net my genesing vat. Maar wat beteken 'vat' rerig?
Ek het gedink genesing moes uit die lug val, sommer net so omdat ek vra en die 'vat' sou wees die oomblik wat ek dit raakvang.
Maar dit werk nie so nie. Ek het in elk geval nie daardie genesing gevat en my eie gemaak wat God al die oomblik gegee het toe
ek daarvoor gevra het nie. My openbaring was dat ek reeds genees is, maar myself siek gehou het, depressief en beangs
gehou het. Dit doen ons deur ons toestand as probleem en nie as uitdaging te sien nie, soos 'n berg voor ons te hou. Dit doen
ons deur aanhoudend te peins oor hoe sleg en siek ons voel en dit oor en oor te vertel en te bedink. Dis al wat voor ons gedagtes
is. Dit doen ons deur al die negatiewe gedagtes te vat wat inkom en nooit die posetief raak te sien nie. Dit doen ons om aan te
hou dink aan hoe erg die verlede was of wat mense aan ons doen of gedoen het. My openbaring was, dat sodra ons Christus
aanneem ons nie meer 'n produk van ons verlede is of van wat mense aan ons doen of gedoen het nie, maar ons is nou 'n produk
van die kruis. Die kruis is genesing en oorwinning!!!
My Hemelse Dokter het my genees, maar ek het siekbly gekies. Selfs 'n gewone dokter gee 'n preskripsie en ons moet dit volg.
Ek het dit nie gevolg nie, ek het dit nie 'gevat' nie. As jy griep het gaan jy nie elke dag in die koue buite rondhardloop nie, dis mos
om jouself siek te hou. Maar ons doen dit met God. Ons verkies bly le bo opstaan, die leuen bo die waarheid, negatiwiteit bo
positiwiteit. Maar die oomblik toe ek my depressie as uitdaging sien en nie as probleem nie, toe ek die geloofstap neem om
regtig waar op te staan en te baklei teen negatiwiteit, om enige leuens van die duiwel in my gedagtes af te sny en uit te blokkeer
en te vervang met die Woord wat die waarheid is, was ek genees.
Elke oomblik wat ek fisies of emosioneel sleg gevoel het, het ek na buite gestap as my man of kinders in die omtrek was en ek
privaatheid wou he, en ek het hardop skrif bely. Skrifverse soos: ek is deur Sy wonde genees, Hy maak my blydskap volkome,
Hy maak my voete soos die van 'n hert sodat ek op hoe hoogtes loop. En ek kon die definitiewe verskil fisies en in my gemoed
voel as ek dit 'n paar keer hardop gese het. Ek het geen negatiewe gedagte gevat en bepeins nie. Geen soos in geen. Volg
die preskripsie, dis die moeite werd. Maak geen plek vir die leuen om jou siek te hou nie, maar vat, vat, vat werklik die stap na
jou volle genesing. Jou genesing le eintlik in jou hand, maar gaan jy vat wat God reeds vir jou gegee het, of verkies jy dat die leuen
jou siek hou.
Hierdie openbaring het my 'n dag voor my verjaardag getref. Daardie genesing was my wonderlikste verjaardag geskenk ooit. 'n
Paar dae voor my verjaardag het ek nog by myself gedink: hoe gaan God my ooit oor 'n paar dae genees. Dit het onmoontlik
gelyk op daardie stadium, sodat ek regtig moedeloos gevoel het. En al die tyd was ek reeds genees, ek moes net saam my
genesing werk en nie teen dit nie. Bly posetief!
Voor ek hierdie getuienis afsluit wil ek eerlik met jou wees. As angs en depressie regtig deel van jou lewe is, voel mens jy het nie
die krag om te baklei nie. Voel = bedink, jou gedagtes wat jou 'n leuen wysmaak. negatiewe gedagtes is leuens van die duiwel
om jou onder te druk. Ek wou 100% genees gewees het, maar ek was, en dink by jouself ook, hoe bereid is jy om werklik op te
staan en jou genesing te vat. Ek was vir 'n oomblik seker 20% bereid om op te staan en die uitdaging aan te pak. Moet jou
toestand nooit as jou probleem sien nie. Dit kan vir ons soveel makliker lyk om eerder te bly le en almal plus jyself bejammer jou.
Die tipe van 'pay off's' wat ons kry raak gerieflik. "Pay off's" soos die aandag wat jy kry, mense sien uit eindelik raak. Watter tipe
pay off's ontvang jy dalk wat jy voel dit die moeite werd maak om te bly le. Nee man!!! Ek het die pay off's verruil vir genesing, ek
het die stap gevat om op te staan!!! Dit beteken 'vat': om op te kan staan en te baklei teen die leuen.
Ek het besluit, besluit, besluit!!! Hoeveel % is jy bereid om op te staan, dan weet jy wie om te blameer dat jy sit waar jy nog dalk
sit. Ek het gekies om op te staan, en ek bly posetief maak nie saak wat die duiwel steeds in my kop wil druk nie, kan jy ook sy
leuens uitblokkeer en weerstaan. Kan jy ook geen plek vir die leuen maak nie? Dit is nie moeite soos wat die leuen wil voorgee
nie. Weet jy waarvoor staan (vrees) FEAR? False Evidence Appearing Real. Dink regtig na oor hierdie stelling.
Jy sal agterkom dat jou hele situasie die gevolg van jou gedagtes is, alles eindig op oor hoe jy dink, wat
in jou gedagtes aangaan. Wat kweek jy daar?, positiwiteit, of glo jy die leuen, die negatiwiteit. Job vertel ook dat dit wat jy vrees
oor jou kom. Die Bybel leer dat soos jy dink dit so sal wees. Posetief of negatief. Dit sal wees volgens jou geloof. Dit is die wet
van geloof. Bedink daarom net die Woord wat die waarheid is, die posetiewe beloftes van God.
Ek het my genesing gevat deur net reg te dink, jy kan jousself so te se uit jou depressie en angs dink, en dis net om te luister en te
vat en te glo wat God vir jou daar binne wil plant. Neem jou gedagtes ook gevange tot gehoorsaamheid aan Christus. Ek sal nie
weer terug kyk nie. Here, U woord is in my ingewande, in my binneste, ek bepeins U woord, dankie vir my volkome genesing
Jesus Christus!!
Ek bid dat God jou ook hierdie openbaring sal wysmaak, vat jou genesing, dit is reeds daar vir jou.
Home Fun stuff English Sermons Afrikaans Sermons Bible verses/references General Thoughts to think about Testimonials Contact me Guestbook